Boek Piet Paaltjens                                   Piet Paaltjens  Dichter-dominee  1835 - 1894                             


Beginpagina

Jeugdjaren in Leeuwarden

Studententijd in Leiden

Predikant in Foudgum

Predikant in Den Helder

Predikant in Schiedam

Over Piet Paaltjens

Culinaire citaten

Gedichten over eten en drinken

Culinaire bloemlezing



Contact  

F a m i l i e r e s e p ?

wat was daar in die hand van my ouma
wat pasteikorse eierwitlig kon vou
melkterte kon vul met die heilgenot van manna
wat brode oornag smuls kon laat uitboud uit haar vaal panne

wat was daar in die hand van my ouma
wat sjokoladekoeke soos donskomberse kon uitkeer
met 'n houtlepel botter blitsig ommasseer tot room
wat vier goed gespasieerde kinders gehad het

wat is daar in mý hand
dat eiergeel en -wit altyd deurmekaar loop
dat geen brood of koek of beskuit mollig uit my nuwe pannetjies
wil rys nie
dat ek geen uithalerdis het nie
en elke geboorte induksies, epidurale, tange en suiers benodig

ek kyk af na my platgevalle borste, my klonterige maag
die uitgesakte houtlepel van my heupe
my biltongbruin kuite
en ek dink aan ouma se bo-arms en groot sagte skoot

dalk
omdat sy Shelley uit klein fluweelboekies gelees het
en Keats tussen haar voorslagresepte aangehaal het,
sou my maer verbroude hand
haar toch vandag plesier verskaf het.

Antjie Krog  1952
uit: Otters in bronslaai, 1981